“If we teach today as we taught yesterday, we rob our children of tomorrow”.

John Dewey

Gedurende die tweede helfte van 2020 het Laerskool Rooihuiskraal die aanlyn-platform, Google Classroom, suksesvol geïmplementeer om leerders toe te rus met die nodige leermateriaal om volgehoue leer te bewerkstellig.  Hierdie platform is ook op ‘n positiewe wyse deur ons ouers geakkommodeer en ons ervaar dat Google Classroom ‘n welkome verlenging van die kosbare kontaktyd tussen personeel en leerders is. Ons is baie trots op ons aanlyn-onderrigmodel wat ook tydens inperking sou dien as ‘n tussentydse alternatief vir kontakonderrig om progressie van leerders deeglik te monitor sodat die klasonderwyser direk insae kan hê in die leerder se aanlyn-leerervaring.

Ter voorbereiding van die nuwe akademiese jaar word graad- en vakregistrasies aan die begin van die jaar bewerkstellig en aanlyn aktiwiteite wat basiese hersiening van vorige leerkennis behels, word beskikbaar gestel totdat die akademiese jaar voluit afskop. Daarna bring ons die klaskamer na die leerder se huis deur inligtingsblaadjies wat leerinhoud per siklus uiteensit, asook werkkaarte, memorandums, videolesse en assesseringsopdragte deurgee.

Elke leerder ontvang ‘n unieke epos-adres waarmee hy/sy registreer op Google Classroom en die platform is ewe gerieflik op ‘n rekenaar én ‘n slimfoon of tablet.