01

KENNIS

02

VISIE

03

TROTS

Passie

Die Laerskool Rooihuiskraal – ‘n Skool met ‘n hartklop vir kinders.

Altyd ‘n Rooimier

Die Laerskool Rooihuiskraal se leerders staan bekend as die Rooimiere! Hier is tans bykans 1400 pragtige, gelukkige, goed-gebalanseerde en tevrede kaalvoet kinders wat in ‘n geborge en veilige omgewing leer, speel en ontwikkel. Die Rooimiere se unieke embleem is eie aan ons spogskool en verteenwoordig kenmerke van hardwerkendheid, toewyding en kameraadskap! Hierdie uitsonderlike skool word gekenmerk deur hoë standaarde,’n gedissiplineerde en gebalanseerde atmosfeer, aktiewe deelname aan sport en kulturele aktiwiteite en ‘n spontane, entoesiastiese gees.

WORD 'N ROOIMIER

Sedert 1990

Ons begin

In 1987 het ‘n loodskomitee begin om voorbrand te maak vir ‘n nuwe laerskool in die Rooihuiskraal-omgewing. Na ‘n drie jaar lange stryd met die Onderwysdepartement, inspekteurs, en ander rolspelers was beplanning op dreef om die skool in 1990 te open.

VIND DIE SKOOL

Hierdie uitsonderlike skool word gekenmerk deur hoë standaarde, ’n gedissiplineerde en gebalanseerde atmosfeer, aktiewe deelname aan sport en kulturele aktiwiteite en ‘n spontane, entoesiastiese gees.

33

Jaar

1990

Geopen

1400

Studente

Die groot dag

Dit was ‘n opwindende tyd om alles gereed te maak vir die groot dag waarop Laerskool Rooihuiskraal se deure sou open en beplanning vir onder meer die skoolklere, ‘n naam vir die skool en ontmoetings met die nuwe hoof moes gedoen word. Die skool het op 9 Januarie 1990 geopen met ongeveer 300 leerders van Graad 1 tot 3 en ‘n ekstra graad is elke jaar daarna bygevoeg. Skoolgeld was in daardie tyd nog vrywillig (ongeveer R150 per jaar) en die Staat het nog vir alles gesorg maar daar was géén saal, geen rugbyveld, geen pawiljoene en geen gras.

Vergaderings is van tyd tot tyd sommer in die stalle by die Rooihuiskraal Terrein gehou – dit was interessante tye met verskeie eerstes! Vandag is ons geseënd met ‘n spogskool wat uitblink in akademie, sport en kultuur, maar meer nog vertel ons met groot vreugde van al die pragtige kinders, wonderlike ouers en uitstekende personeellede wat oor die afgelope 30 jaar die hartklop van Laerskool Rooihuiskraal geword het.

kontak ons