Ons unieke voorkoms

Ons dra ons skooldrag met trots en ons moedig leerders aan om kaalvoet te loop – kindwees is mos lekker!

Elke skool ontwikkel sy eie tradisies wat ‘n bepaalde beeld na buite uitstraal. ‘n Deel van hierdie beeld is die voorkoms van die leerlinge. Dit is hier waar skooldrag se waarde ter sprake kom. Dit laat ‘n kind gouer deel van die skool voel. Deur hulle eenvormige, netjiese skooldrag, identifiseer die leerlinge met hul skool. Dit wek skooltrots en ‘n gevoel van eiewaarde vanweë identifisering met die groep.

 

  • Leerlinge moet ten alle tye aandag gee aan persoonlike higiëne.
  • Leerlinge & ouers moet stiptelik hou by die voorgeskrewe skooldrag vir seuns & dogters.
  • Alle kledingstukke moet asb. DUIDELIK GEMERK word.
  • 1 tot Gr. 7 skoolklere is grys, rooi, swart en wit. Alle skooldrag moet aangekoop word by die amptelike verskaffers.
  • Wanneer leerlinge verjaar, mag hulle huisklere aantrek.

Alle verskaffers van Laerskool Rooihuiskraal se verkope funksioneer onafhanklik van die skool om die beste moontlike prys/diens te kan lewer aan ouers:

  • Tallas Schoolwear: 111 Maraboe Str, Rooihuiskraal (082 466 0342)
  • Wierdapark Uitrusters: 262 Willem Botha Str, Wierdapark (012 654 9600)    

 

Graad R: Voorgeskrewe drag  

 Somersdrag

Gr. R leerders dra ‘n swart gholfhempie met Rooimier op die bors en kort denim broek soos deur die amptelike klereverskaffers van LS Rooihuiskraal verskaf word.

Leerlinge mag kaalvoet wees maar hardloopskoene (“tekkies”) word ook toegelaat.

Wintersdrag

Swart sweetpakbroek en swart drimac.

Swart gholfhemp soos met somersdrag.

Bykomstighede soos haarrekkies/-linte moet asb. grys, swart of rooi wees.

 

Graad 1 tot 6: Voorgeskrewe drag  

 Somersdrag

Dogters dra ‘n rooi gholfhemp met ‘n rooi broekromp soos deur die amptelike klereverskaffers van LS Rooihuiskraal verskaf word. Dogters mag kaalvoet wees maar netjiese swart skoolskoene en die voorgeskrewe rooi kouse word ook toegelaat. Dogters mag nie “tekkies” saam met hul somersdrag dra nie.

Seuns dra ‘n rooi gholfhemp met ‘n swart atletiekbroek met ‘n rooi en wit streep soos deur die amptelike klereverskaffers van LS Rooihuiskraal verskaf word. Seuns mag kaalvoet wees maar “tekkies” (oorwegend wit) en die voorgeskrewe rooi kouse word ook toegelaat.

Wintersdrag

Seuns sowel as dogters dra rooi gholfhemde (langmou of kortmou) saam met die skool se rooi sweetpakbroek en rooi drimac soos deur die amptelike klereverskaffers van LS Rooihuiskraal verskaf word. Alle leerders dra “tekkies” saam met hul skoolsweetpakke.

Bykomstighede soos haarrekkies/-linte moet asb. grys, swart, wit of rooi wees.

Graad 7: Voorgeskrewe drag  

Somersdrag

Dogters dra ‘n grys gholfhemp met ‘n rooi broekromp soos deur die amptelike klereverskaffers van LS Rooihuiskraal verskaf word. Dogters mag kaalvoet wees maar netjiese swart skoolskoene en die voorgeskrewe rooi kouse word ook toegelaat. Dogters mag nie “tekkies” saam met hul somersdrag dra nie.

Seuns dra ‘n grys gholfhemp met ‘n swart atletiekbroek met ‘n rooi en wit streep soos deur die amptelike klereverskaffers van LS Rooihuiskraal verskaf word. Seuns mag kaalvoet wees maar “tekkies” (oorwegend wit) en die voorgeskrewe rooi kouse word ook toegelaat.

Wintersdrag

Seuns sowel as dogters dra grys gholfhemp (langmou of kortmou) saam met die skool se rooi sweetpakbroek en rooi drimac soos deur die amptelike klereverskaffers van LS Rooihuiskraal verskaf word. Alle leerders dra “tekkies” saam met hul skoolsweetpakke.

Bykomstighede soos haarrekkies/-linte moet asb. grys, swart, wit of rooi wees.

Op elke Gr. 7 leerder se gryshemp word ‘n rooimier asook die onderskeie funksie wat die leerder die jaar gaan verrig aangedui. Bv. Komitee of Interne Komitee.