Ons is vasbeslote om die belangrikste boublokke van Graad 1, 2 en 3 met toewyding vas te lê en glo en vertrou dat die volgehoue verbintenis tussen ouers en onderwysers van Laerskool Rooihuiskraal ‘n voorspoedige grondslag vir elke kind sal lê waarin hy/sy daagliks tot volle potensiaal sal ontwikkel.

onderrig
hoë gehalte

Akademie is heelbo aan ons lys. Ons streef na kwaliteit onderrig!

grondslag
van 'n kind

Die vaslegging van ‘n kind se grondslag is van uiterste belang. Daarom belê ons in kwaliteit-onderwysers om ons Rooimiere te onderrig!

Sport
vir balans

Rooimier-sport is ‘n fisiese spel wat in kompetisieverband plaasvind. Spanbouvaardigheid en kameraadskap word ontwikkel. Die fokus lê egter daarin om as vriende te kompeteer én as vriende weg te stap!

kultuur
geen perke

Laerskool Rooihuiskraal se kultuur bring betekenis en balans in ons Rooimiere se daaglikse ontwikkeling! Hier is talent volop!